Heuwelsig Aftree-oord

 

Protea Aftree-oord Heuwelsig is gerieflik geleë in Lyttelton, Centurion.  Protea Aftree-Oord Heuwelsig bied 219 wooneenhede aan tussen pragtige welige tuine. Hierdie lieflike aftree-oord met ‘n unieke atmosfeer is ’n plek waar senior burgers hulself met goeie gemoedsrus kan geniet en waar veiligheid en sekuriteit altyd ‘n prioriteit is.

Die ontspanningsaal speel ‘n baie belangrike rol in die lewe van die Oord. Dit is die tuiste van aktiwiteite soos gereelde godsdienstige byeenkomste, oefening sessies, Bingo, filmvertonings en ​​nog vele meer. Ons musiekgenootskap, Viva Musica, bied al etlike jare funksies aan.

Protea Aftree-oord Heuwelsig bied die ideale omgewing vir senior burgers om hul ontspanningsjare in absolute gemak en rustigheid te geniet.

Kaart

 

Adres: 956 Clifton Avenue (c/o Gerhard Street) Lyttelton Centurion

Foto Gallery

 

Fasiliteite

 

Die volgende fasiliteite is beskikbaar by ons aftree-oorde:
  • Sorgsentrum
  • Kombuis en eetsaal wat goed gebalanseerde maaltye in die middae bied, ses dae per week. Op publieke vakansiedae sal wegneemetes beskikbaar wees.
  • 24-uur toegangsbeheer en addisionele bewaking en patrollering in die nag.
  • Elektriese omheining rondom die eiendom.
  • Ontspanningsfasiliteite insluitend ‘n swembad, lapa en braaigeriewe.
  • Minibus om inwoners te vervoer na ‘n keuse van plaaslike winkelsentrums.
  • Haarsalon en ‘n biblioteek.
  • Weeklikse huishoudelike skoonmaak en tuinmaak dienste.
  • Afstandbeheerde Paniekknoppie-stelsel.
  • Administratiewe dienste soos pos sortering en versending.
  • Tuissorg Fasiliteit
Ons Eetsaal

Ons eetsaal bied goed-gebalanseerde en gesonde middagetes teen ‘n baie billike prys, behalwe op Saterdae en openbare vakansiedae word wegneemetes voorsien. Sosiale funksies op ‘n gereelde basis word in die eetsaal gehou, naamlik Valentynsete, Moedersdagetes, Vadersdagetes, buite braai funksies by die lapa, sop en sjerrie, tee partye, Kersete, ens.

Sorgsentrum

Ons Protea Aftree-Oord Heuwelsig Sorgsentrum bied 24-uur liefdevolle sorg en verpleging aan, met ‘n warm, higiëniese en huislike atmosfeer teen ‘n redelike daaglikse tarief.  Kort- en langtermyn verblyf is beskikbaar vir inwoners.

Buite-pasiënte is ook welkom by die versorgingsentrum. Vertrou u geliefdes tydens vakansie en ander geleenthede onder ons sorg. Ons bied gemoedsrus aan u en u familie.  U gesondheid is vir ons belangrik.

Die Unitas Hospitaal en die 1 Militêre Hospitaal en apteke is geleë in die nabyheid van die Protea Aftree-oorde Heuwelsig.

Veiligheid en Sekuriteit

Ons bied ‘n streng 24-uur toegangsbeheer met net een ingang na ons aftree-oord. Ons het ook sekuriteitspersoneel wat die aftree-oord patrolleer in die nag.  Die omtrek van die aftree-oord is omhein met ‘n elektriese heining en sekuriteit word gemonitor deur ‘n hoogs geakkrediteerde sekuriteitsmaatskappy en gewapende reaksie-eenheid.

Elke eenheid in ons aftree-oorde word voorsien van ‘n afstandbeheerde Paniekknoppie. Wanneer dit gebruik word, registreer dit by die Sekuriteitskantoor en Sorgsentrum wat hulp verleen aan die eenheid.

Die veiligheid van ons inwoners is een van ons grootste prioriteite en ons streef daarna om ‘n vreedsame en veilige leefstyl te waarborg in ons aftree-oord.

Sosiaal

Ons bied die volgende sosiale funksies aan by ons aftree-oorde:

  • Spesiale middagete , gassprekers en vermaak;
  • Sosiale kuiers;
  • Fliek- en musiekaande;
  • Uitstappies na teaters, tuin uitstallings en meer;
  • Bingo en mini-gholf.

Vir meer inligting oor ons aftree-oorde, kontak ons gerus.

Meer Informasie

 

Koop n Wooneenheid

Eenhede word deur en namens die Ontwikkelaar op lewensreg basis by Protea Aftree-Oord verkoop.  Elke eenheid is individueel geprys en die verkoopsprys hang af van die grootte van die eenheid, asook die addisionele funksies wat dit het, ens.  Daar is wel deeltitel eenhede beskikbaar soos dit in die mark kom van tyd tot tyd. Die verkoopsprys kan met deeltitel verkoper onderhandel word.

Maandelikse Heffing

Daar is ‘n maandelikse heffing, vooruit betaalbaar, wat gedoen word deur middel van ‘n debietorder. Die bedrag word bepaal met goedkeuring van die begroting vir die volgende jaar by die Algemene Jaarvergadering.

Die heffing sluit die volgende in:

  • Water, riolering, vullisverwydering en gemeenskaplike elektrisiteit;
  • 24-Uur toegangsbeheer en addisionele nagwag en patrolleringsdienste;
  • Weeklikse huishoudelike skoonmaak en tuin dienste by die eenhede
  • Onderhoud van die buitekant van die eenhede en al die gemeenskaplike gebiede en tuine;
  • Versekering van alle strukture, insluitend geisers;
  • 10 Weekdag middagetes per maand
  • Vervoer na die winkels twee keer per week
  • Administrasie van die aftree-oord se sake insluitende invordering van heffings ens.;
  • Bestuur van die Oord;
  • Maandelikse rekeningkundige en boekhouding dienste.
    Tariewe en Grondbelasting

    Daar is ‘n maandelikse bedrag betaalbaar vir grondbelasting aan Stadsraad. Dit word bepaal deur die Stadsraad en is gebaseer op die waarde van die eenheid.

    Elektrisiteit

    Elektrisiteitsverbruik word met maandeliks meterlesings bereken deur die Bestuur en is betaalbaar aan Protea Aftree-Oord Heuwelsig.  Die bedrag betaalbaar verskyn op die heffingstaat wat maandeliks uitgereik word.

    Gesondheidsorg

    Die gebruik van die Sorgsentrum word afsonderlik gehef en die koste is bo en behalwe die bogenoemde.  Inwoners het wel ’n kostevoordeel omdat hulle aansienlik minder betaal as buite-pasiënte. Koste van versorging van verswaktes kan verkry word deur die administratiewe kantoor op aftree-oord te kontak.

    Sekuriteit

    Ons bied ‘n streng 24-uur toegangsbeheer op ons aftree-oorde met net een ingang en sekuriteit wat patrolleer in die nag. Die Oord is met ‘n sekuriteitsheinings en ‘n geëlektrifiseerde heining omring. Die sekuriteit van die Oord word deur ‘n hoogaangeskrewe sekuriteitsmaatskappy met gewapende reaksie gemonitor. Elke eenheid word van ʼn afstandbeheer noodknoppie voorsien. As Paniekknoppie gebruik word registreer alarm by die Sekuriteit en Sorgsentrum dat hulp nodig is in die eenheid. Die veiligheid van ons Inwoners is een van ons vernaamste prioriteite en ons streef voortdurend daarna om sekuriteit te verbeter om  inwoners ‘n rustige en veilige verblyf in die oord te waarborg.

    Dokumentasie

     

    Click below to download documentation

    Kontakbesonderhede

     

    Kantoor: (012) 664 6412
    Faks: (012) 664 1897
    E-pos: paoheuw@mweb.co.za

    Bestuurder: Lucia Kok
    Kantoor: (012) 664 6412
    Selfoon: 072 418 7234
    E-pos: luciaheuw@mweb.co.za

    Kontak Ons