Inligting
Koop n Wooneenheid
Eenhede word deur en namens die Ontwikkelaar op lewensreg basis by Protea Aftree-Oorde verkoop. Elke eenheid is individueel geprys en die verkoopsprys hang af van die grootte van die eenheid, asook die addisionele funksies wat dit het, ens. Daar is wel deeltitel eenhede beskikbaar soos dit in die mark kom van tyd tot tyd. Die verkoopsprys kan met deeltitel verkoper onderhandel word.
Maandelikse Heffing
Daar is ‘n maandelikse heffing, vooruit betaalbaar, wat gedoen word deur middel van ‘n debietorder. Die bedrag word bepaal met goedkeuring van die begroting vir die volgende jaar by die Algemene Jaarvergadering.
Die heffing sluit die volgende in:
- Water, riolering, vullisverwydering en gemeenskaplike elektrisiteit;
- 24-Uur toegangsbeheer en addisionele nagwag en patrolleringsdienste;
- Weeklikse huishoudelike skoonmaak en tuin dienste by die eenhede
- Onderhoud van die buitekant van die eenhede en al die gemeenskaplike gebiede en tuine;
- Versekering van alle strukture, insluitend geisers;
- 10 Weekdag middagetes per maand
- Vervoer na die winkels twee keer per week
- Administrasie van die aftree-oord se sake insluitende invordering van heffings ens.;
- Bestuur van die Oord;
- Maandelikse rekeningkundige en boekhouding dienste.
Tariewe en Grondbelasting
Daar is ‘n maandelikse bedrag betaalbaar vir grondbelasting aan Stadsraad. Dit word bepaal deur die Stadsraad en is gebaseer op die waarde van die eenheid.
Elektrisiteit
Elektrisiteitsverbruik word met maandeliks meterlesings bereken deur die Bestuur en is betaalbaar aan Protea Aftree-Oorde. Die bedrag betaalbaar verskyn op die heffingstaat wat maandeliks uitgereik word.
Die gebruik van die Sorgsentrum word afsonderlik gehef en die koste is bo en behalwe die bogenoemde. Inwoners het wel ’n kostevoordeel omdat hulle aansienlik minder betaal as buite-pasiënte. Koste van versorging van verswaktes kan verkry word deur die administratiewe kantoor op aftree-oord te kontak.
Gesondheidsorg
Die gebruik van die Sorgsentrum word afsonderlik gehef en die koste is bo en behalwe die bogenoemde. Inwoners het wel ’n kostevoordeel omdat hulle aansienlik minder betaal as buite-pasiënte. Koste van versorging van verswaktes kan verkry word deur die administratiewe kantoor op aftree-oord te kontak.
Sekuriteit
Ons bied ‘n streng 24-uur toegangsbeheer op ons aftree-oorde met net een ingang en sekuriteit wat patrolleer in die nag. Die Oord is met ‘n sekuriteitsheinings en ‘n geëlektrifiseerde heining omring. Die sekuriteit van die Oord word deur ‘n hoogaangeskrewe sekuriteitsmaatskappy met gewapende reaksie gemonitor. Elke eenheid word van ʼn afstandbeheer noodknoppie voorsien. As Paniekknoppie gebruik word registreer alarm by die Sekuriteit en Sorgsentrum dat hulp nodig is in die eenheid. Die veiligheid van ons Inwoners is een van ons vernaamste prioriteite en ons streef voortdurend daarna om sekuriteit te verbeter om inwoners ‘n rustige en veilige verblyf in die oord te waarborg.
Sosiaal
Ons bied die volgende sosiale funksies aan by ons aftree-oorde:
- Spesiale middagete , gassprekers en vermaak;
- Sosiale kuiers;
- Fliek- en musiekaande;
- Uitstappies na teaters, tuin uitstallings en meer;
- Bingo en mini-gholf.
Vir meer inligting oor ons aftree-oorde, kontak ons gerus.