Fasiliteite
Die volgende fasiliteite is beskikbaar by ons aftree-oorde:
- Sorgsentrum
- Kombuis en eetsaal wat goed gebalanseerde maaltye in die middae bied, ses dae per week. Op publieke vakansiedae sal wegneemetes beskikbaar wees.
- 24-uur toegangsbeheer en addisionele bewaking en patrollering in die nag.
- Elektriese omheining rondom die eiendom.
- Ontspanningsfasiliteite insluitend ‘n swembad, lapa en braaigeriewe.
- Minibus om inwoners te vervoer na ‘n keuse van plaaslike winkelsentrums.
- Haarsalon en ‘n biblioteek.
- Weeklikse huishoudelike skoonmaak en tuinmaak dienste.
- Afstandbeheerde Paniekknoppie-stelsel.
- Administratiewe dienste soos pos sortering en versending.
- Tuissorg Fasiliteit
Ons Eetsaal
Ons eetsaal bied goed-gebalanseerde en gesonde middagetes teen ‘n baie billike prys, behalwe op Saterdae en openbare vakansiedae word wegneemetes voorsien. Sosiale funksies op ‘n gereelde basis word in die eetsaal gehou, naamlik Valentynsete, Moedersdagetes, Vadersdagetes, buite braai funksies by die lapa, sop en sjerrie, tee partye, Kersete, ens.
Sorgsentrum
Sorgsentrum bied 24-uur liefdevolle sorg en verpleging aan, met ‘n warm, higiëniese en huislike atmosfeer teen ‘n redelike daaglikse tarief. Kort- en langtermyn verblyf is beskikbaar vir inwoners.
Buite-pasiënte is ook welkom by die versorgingsentrum. Vertrou u geliefdes tydens vakansie en ander geleenthede onder ons sorg. Ons bied gemoedsrus aan u en u familie. U gesondheid is vir ons belangrik.
Die Unitas Hospitaal en die 1 Militêre Hospitaal en apteke is geleë in die nabyheid van die Protea Aftree-oorde.
Veiligheid en Sekuriteit
Ons bied ‘n streng 24-uur toegangsbeheer met net een ingang na ons aftree-oord. Ons het ook sekuriteitspersoneel wat die aftree-oord patrolleer in die nag. Die omtrek van die aftree-oord is omhein met ‘n elektriese heining en sekuriteit word gemonitor deur ‘n hoogs geakkrediteerde sekuriteitsmaatskappy en gewapende reaksie-eenheid.
Elke eenheid in ons aftree-oorde word voorsien van ‘n afstandbeheerde Paniekknoppie. Wanneer dit gebruik word, registreer dit by die Sekuriteitskantoor en Sorgsentrum wat hulp verleen aan die eenheid.
Die veiligheid van ons inwoners is een van ons grootste prioriteite en ons streef daarna om ‘n vreedsame en veilige leefstyl te waarborg in ons aftree-oord.
Sosiaal
Ons bied die volgende sosiale funksies aan by ons aftree-oorde:
- Spesiale middagete , gassprekers en vermaak;
- Sosiale kuiers;
- Fliek- en musiekaande;
- Uitstappies na teaters, tuin uitstallings en meer;
- Bingo en mini-gholf.
Vir meer inligting oor ons aftree-oorde, kontak ons gerus.